Joh 3:6-8 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie; so is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Net daar het Christus 99% van die Ortodokse Christene verloor, wat verkies om die sogenaamde “Apostoliese Geloofsbelydenis “ te glo eerder as om die Skrif te glo. Christus het vir Nikodemus gesê dat “dit wat uit vlees gebore is, is vlees, en wat uit gees gebore is, gees is.” Dit is nie wat die sogenaamde “Apostoliese Geloofsbelydenis” wil hê mense moet glo nie. Voeg hierdie volgende vers by dit wat Christus vir Nikodemus gesê het, en daar is min inderdaad wat God se Woord glo:
2 Kor 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie [na die vlees nie].
Die sogenaamde “Apostoliese Geloofsbelydenis” het in die tweede eeu na Christus ontstaan en het niks te doen met enige van die ware apostels van Jesus nie. Maar die hele ortodokse Christelike wêreld het die kant van hierdie ketterse geloofsbelydenis gekies en leer dat dit was Christus se fisiese liggaam wat inderdaad opgewek was en dat ons almal ook fisiese liggame van vlees gegee sal word by die opstanding. Meeste glo elk geval nie in ‘n opstanding nie, want mense is alreeds “in die hemel” of “in die hel” terwyl die oordeelsdag nog moet plaasvind by die laaste trompet!
1Kor 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Met ander woorde, die feit dat Christus aan Thomas gesê het dat dit ‘salig’ is om NIE te sien en NIE te voel nie, nadat Thomas in Christus se afwesigheid aangedring het om die gate in Christus se hande te sien en sy hande in die gate te steek, word verwerp. Hierdie woorde van Jesus beteken niks vir diegene wat glo dat geloof in fisiese dinge meer belangrik is:
Joh 20:24-29 En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle! Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
Dat Christus aan Nikodemus sê dat die opgewekte liggaam onsigbaar is (“soos die wind”) word deur die hele ortodokse Christendom verwerp. Hulle vertrou eerder die uitsprake van ‘n valse belydenis van valse apostels:
Die Apostoliese Geloofsbelydenis
(1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
(2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
(3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
(4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel;
(5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;
(6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
(7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
(8) Ek glo in die Heilige Gees.
(9) Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
(10) die vergewing van sondes;
(11) die opstanding van die liggaam
(12) en ‘n ewige lewe.
Daar is geen Skrif wat sê dat Jesus in “die hel” was nie!!! Jesus was dood! Hy het uit die dood opgestaan!!!
Daar is ook geen opstanding van “die liggaam” nie!!!
1Kor 15:44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
Die twee liggame het niks in gemeen nie! Gees is ONSIGBAAR vir vlees! Jesus was met ‘n geestelike liggaam opgewek (volgens die Skrifte – 1Kor 15:44) wat fisies kon manifesteer. Hy kon selfs eet -‘n gees kan nie eet nie.
Luk 24:39-43 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete. En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet? Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek. En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
Jesus moes aan hulle in vlees verskyn om Sy opstanding uit die dode te wys en om hulle in ongelowige toestand te help. Hy het ook gedurig voor hulle oë verdwyn! Selfs ‘n wolk was gebruik om Hom finaal “voor hulle oë” weg te neem anders sou hulle nooit glo nie!!!
Hand 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
Hy is nie weg nie! Hy is opgeneem in ‘n ‘wolk van getuies’ vir hulle wat kan sien; die ‘wolk van getuies’ glo Hy is binne-in hulle:
Heb 12:1-2 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
Ons ken Jesus nou nie meer as vleeslik nie, maar as geestelik. Hy is by ons en binne-in hulle wat Syne is!
Tuesday, May 11, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment