Welkom by 4wind koinonia. Die doel van die blog is om te verklaar dat God se waarheid in die hele inhoud van Sy Woord gevind word:
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Op die blog sal u kort skrywes kry oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe wat of gewoonlik misverstaan word, of soms geïgnoreer word in die Christelike wêreld, sowel as materiaal wat eenvoudig net die diepte en lewenskragtigheid van ons verhouding met Jesus Christus verder wil uitbrei en verstaan.
Hierdie blog se doel is om gesprekvoering te fasiliteer met hulle wat deur God oë en ore gegee is om te sien en te hoor wat die Gees (4wind) aan Sy gemeente (Koinonia) sê.
Larry Groenewald
My epos: glgroenewald@gmail.com
Moenie vergeet om www.iswasandwillbe.com te besoek om breedvoerige studies en artikels oor God se Woord te lees nie.

No comments:
Post a Comment