Tuesday, May 11, 2010

Is God 'n "drie-eenheid"?

Is God ‘n “drie-eenheid”. Hierdie is een van die pilare van die afvallige Christendom. Hierdie pilaar is soos al Christendom se ‘huise’ – dit is op sand gebou.

Nie een van die Nuwe Testament skrywers het in ‘n “drie-enige” God geglo en Jesus het nooit so ‘n leer verkondig nie. Hier is ‘n paar tekste om dit te bewys:

Paulus:

1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.


Johannes:

2Jn 1:3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.


Petrus:

1Pe 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,


Judas:

Jud 1:1 Judas, ‘n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is:


Jesus:

Joh 14:28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.


Iemand wat die Skrifte ignorer en verdraai ken nie van die enigste God en Vader van Jesus nie.


Die idée dat God nie heilige gees is nie, is godslasterlik. Die gees van God is nie apart van Hom nie, maar dit is wat Hy is!!! Heilige gees.

No comments:

Post a Comment